Boyz II Men gaan in Oktober in SA optree

Die Amerikaanse groep, Boyz II Men het hul Suid-Afrikaanse toer vir later vanjaar bevestig. Die geleentheids-organiseerder G21 Entertainment en Vertex Events sê die toer skop op 31 Oktober in Kaapstad af, in die Grand Arena by GrandWest. Die groep sou reeds voor die Covid-pandemie kom toer het. Die kaartjies wissel tussen 690 en1 790 Suid-Afrikaanse rand. Die groep tree ook op 2 November in Pretoria op in die SunBet Arena op Time Square en sluit hulle toer op 4 November in die Superbowl by Sun City in Noordwes af.