Mielieboere vrees vir groot verliese as reën nie kom  

Boere in die Mieliedriehoek is moedeloos nadat hulle vir byna ‘n maand geen reën ontvang het nie. Daar is boere wat vrees vir groot verliese met hul mielie-oeste as dit nie binnekort gaan reën nie. ‘n Mielieboer oos van Grootfontein in die Mieliedriehoek, Dawie Kok, spreek hul kommer aan Kosmos 94.1 Nuus uit.