Eerste waterstof-diesellokomotief in Afrika in Namibië ontwikkel

TransNamib, die Universiteit van Namibië, en Traxtion sal Afrika se eerste dubbel-brandstof-waterstof-diesellokomotief ontwikkel, met ‘n unieke waterstof-bergingsmetode. Die projek genaamd HyRail Namibia sal na verwagting binne 18 maande voltooi wees. Volgens die Tender Bulletin word die projek gelei deur Hyphen Technical, ‘n afdeling van Hyphen Energy, wat die tender gewen het vir die ontwikkeling van Namibië se groenwaterstof-sektor. Die lokomotief sal aangedryf word met Namibiese groen waterstof wat verskaf word deur Cleanergy Solutions Namibia, wat besig is om ‘n groenwaterstof-produksie-aanleg naby Walvisbaai te ontwikkel. Abigail Raubenheimer, skakelbeampte van TransNamib verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus…