Ramaphosa beantwoord môre vra in NV

President Cyril Ramaphosa sal môre voor die Nasionale Vergadering in die parlement verskyn om vrae te beantwoord. Ramaphosa sal gedurende die sitting van drie ure ongeveer ses vrae moet beantwoord wat van nasionale en internasionale belang is. Van die omstrede kwessies sluit in die regering se planne om ‘n bekwame ontwikkelingstaat te vestig vir die instelling van die Ekonomiese Heropbou- en Herstelplan, en of Ramaphosa van plan is om die grondwetlikheid van die Onteienings-wetsontwerp te bepaal.