DA verwelkom SAB se hulp aan ontluikende boere

Die DA het die Suid-Afrikaanse Brouery se hulpprogram van ‘n 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand in finansiële en nie-finansiële hulp vir ontluikende boere verwelkom. Parlementariërs is ‘n op toer na die Suid-Kaapse hop-produksiegebied geneem. Noko Masipa van die party sê beurtkrag het vanjaar se oes sleg geraak. Dit het hoër insetkoste vir boere tot gevolg.