Motorsport: Red Bull oorheers in Bahrein Grand Prix

Motorsport: Red Bull het die eerste wedren van die seisoen oorheers met die huidige wêreldkampioen Max Verstappen wat sy 36ste loopbaan-oorwinning by die Bahrein Grand Prix behaal het. Sy spanmaat Sergio Perez was tweede, met Fernando Alonso van Aston Martin wat na ‘n inspirerende wedren derde klaargemaak het. Carlos Sainz van Ferrari was vierde met die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton in ‘n Mercedes vyfde. Sainz se spanmaat Charles Leclerc moes noodgewonde onttrek, toe sy motor krag verloor het met nog 17 rondtes oor.