LGBTQ-verhoor duur voort in hooggeregshof

Die LGBTQ-gemeenskappe in Namibië se hofsake in die hooggeregshof duur voort. Namibiërs veg steeds in die een hofsaak vir die erkenning van selfdegeslag-huwelike. Vandag sal die verhoor op die reg op burgerskap en familie plaasvind. Dié twee waterskeidende hofsake is in belang van gelyke behandeling van LGBTQ-gemeenskappe in die land. Boonop is die prokureur-generaal Festus Mbandeka van mening die meeste Namibiërs ondersteun die wet teen sodomie in die land, wat deur LGBTQ-aktviste uitgedaag word. Hulle meen die regering gee nie om oor hul regte nie. Die direkteur van die Regshulpsentrum van Namibië Toni Hancox sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy stem saam.