Verstappen spring voor in Bahrein Grand Prix weg

Motorsport: Die Formule Een-wêreldkampioen, Max Verstappen,  spring vanmiddag in die voorste posisie van die Bahrein Grand Prix weg. Sy spanmaat Sergio Perez is ook in die voorste ry vir die Red Bull-span. Charles Leclerc en Carlos Sainz van Ferrari is in die derde en vierde plek met Fernando Alonso in die vyfde plek vir Aston Martin. Mercedes se twee jaers, George Russell en die sewemalige kampioen Lewis Hamilton,  het sesde en sewende gekwalifiseer. Verstappen se oorheersing val saam met sy pa Jos se 51ste verjaarsdag en dit is die 21ste keer in sy loopbaan dat hy in voorste plek wegspring.