DA-leier verwag nie veel van Cyril se kabinetskommeling
Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê hy verwag nie veel van President Cyril Ramaphosa se naderende kabinetskommeling nie. Die opposisieleier sê die verwagting is dat dit net ‘n herskommeling van ou kabinetslede gaan wees. Ramaphosa loop intussen onder skerp kritiek deur omdat hy nog nie sy nuwe kabinet aangekondig het nie. Ramaphosa het Vrydag ‘n veiling op sy plaas Phala Phala bygewoon, terwyl daar verwag is dat hy aankondigings sal maak oor onder meer wie die nuwe adjunkpresident van die land is. Die politieke ontleder Mpumelelo Zikalala sê Ramaphosa het 20 dae gelede reeds bekendgemaak dat ‘n minister van elektrisiteit aangestel gaan word, maar dit het steeds nie gebeur nie.