Lesotho sê beter emigrasiestelsel moet oorgrensmisdaad bekamp

Die minister van plaaslike regering, hoofmanskap, binnelandse sake en polisie in Lesotho, Lebona Lephema, sê ‘n doeltreffende emigrasiestelsel is noodsaaklik in die stryd teen oorgrensmisdade tussen sy land en Suid-Afrika. Lephema het tydens bilaterale gesprekke in Maseru gesê hulle het besluit om ‘n permitstelsel in te bring om enige skuiwergate in die koop en verkoop van lewende hawe toe te stop ten einde veediefstal te bekamp.