Rugby: Pumas gee Welwitschias pakslae
Rugby: Die Airlink Pumas het die Windhoek Draught Welwitschias met 81-8 op die Hage Geingob-stadion in Windhoek afgeransel. In Suid-Afrika het die Leeus ‘n waardevolle oorwinning van 29-25 teen die Bulle in ‘n Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd op Loftus behaal. Die Haaie het in Kaapstad die Stormers so amper die loef afgesteek, maar die Kaapse span kon hulle voorsprong behou en het met 29-23 gewen. Die verdedigende kampioene het nou die Haaie, die Bulle en die Leeus in tuis- en wegwedstryde geklop en die SA-skild vir die tweede agtereenvolgende jaar ingepalm.