Mexikaanse dwelmkartel oopgevlek

Amerika en Australië het in ‘n gesamentlike misdaadvoorkomings-operasie ‘n internasionale dwelmkartel oopgevlek.  Wetstoepassers het bevestig dat altesaam 12 verdagtes in hegtenis geneem is sedert die begin van die operasie wat verlede jaar van stapel gestuur is. Volgens die owerhede is daar in November op ‘n skip aan die kus van Suid-Amerika toegeslaan wat na Australië onderweg was. Daar was 2,4 ton kokaïen van ‘n Mexikaanse dwelm-kartel op die skip. Die kokaïen se straatwaarde word op sowat 12 miljard Namibiese dollar beraam.