Alex Murdaugh kry twee lewenslange vonnisse

‘n Voormalige regsgeleerde van Suid-Carolina, Alex Murdaugh, is twee lewenslange vonnisse sonder die moontlikheid van parool opgelê vir die moord op sy vrou en seun. Maggie en Paul Murdaugh is in Junie 2021 op kort afstand geskiet naby die hondehokke op die familie-landgoed in Islandton in die Verenigde State. Die 54-jarige regsgeleerde is vroeër skuldig bevind op twee aanklagte van moord en twee wapenverwante oortredings. Murdaugh is ‘n vierde geslag  regsgeleerde in sy familie, met sy oupagrootjie, oupa en pa wat van 1920 tot 2006 agtereenvolgens as plaaslike aanklaers gedien het.