Namibia Dairies bekommerd oor dreigende droogte in Suide

Namibia Dairies, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep wat die !Aimab Superfarm by Mariental besit, het hul ernstige kommer uitgespreek oor die dreigende droogte in die Hardap-streek. Die Hardapdam is tans net 42 persent vol, en vrese bestaan dat die suide van Namibië nog ‘n droogteramp sal ervaar, wat nadelig vir besighede sal wees. Die !Aimab Superfarm het tans 68 Namibiërs in diens en het 1 800 koeie wat 35 liter melk per dag produseer, en tussen 29 000 en 33 000 liter per maand. !Aimab het 250 hektaar grond onder besproeiing wat met water vanaf die nabygeleë Hardapdam voorsien word. Die plaas plant elke jaar mielies in die somer en koring in die winter.