Okahandja se informele nedersetting-inwoners gaan weer betoog

Die inwoners van die Okahandja informele nedersettings is nog steeds vasberade in hul stryd om grond te kry. Die groep het al verskeie betogings by die Okahandja-dorpsraad, die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling en die kantoor van die eerste minister gehou, maar tot dusver sonder enige sukses. Die groep se leier, Sydney Gariseb, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het vandag ‘n brief van voorneme van nog ‘n vreedsame betoging aan die ministerie en die Namibiese Polisie oorhandig. Die beoogde betoging sal op 16 Maart gehou word.