Skotland verbied narkosegas in hospitale

Skotland het die eerste land geword wat die gebruik van ‘n narkosegas – desfluraan – deur hospitale verbied omdat dit tot klimaatsverwarming bydra. Data van die Nasionale Gesondheidsdiens dui daarop dat die gas – wat gebruik word om mense onder verdowing te hou tydens chirurgie – ‘n aardverwarmings-potensiaal het 2 500 keer meer as koolstofdioksied. Talle Britse hospitale het reeds begin om die gas uit te faseer en alternatiewe verdoofmiddels te gebruik. Engeland beplan ‘n soortgelyke verbod aanstaande jaar.