Leerders verras met emmers higiëniese produkte  

Kosmos 94.1, Metro Hyper Namibië, The Children’s Movement Namibia en Femme Namibia het dit vandag moontlik gemaak dat 100 leerlinge by die Havana Hoërskool higiëniese produkte kon kry. Die Bucket of Hope is ‘n emmer met produkte soos sanitêre doekies vir die meisies, tandeborsels en -paste, deoderant, seep en nog meer. Hierdie emmers is aan minderbevoorregte seuns en meisies oorhandig. Die departementshoof van tale by die skool, Selma Shingenge het haar dankbaarheid uitgespreek.