ATM vaar uit ná studente registrasie geweier is

Die African Transformation Movement verwerp die gedagte dat enigiemand weens hulle finansiële omstandighede onderwys en ʼn dak oor die kop geweier kan word. Die party sê kwessies wat studente vandag aanroer, is presies dieselfde as dit wat hulle in 2015 geopper het. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, sê studente word registrasie geweier weens historiese skuld en NSFAS-studente word verblyf geweier, weens voorafbetalings en buitensporige behuisingsfooie op kampus en in die omgewing van die universiteit.