Nigeriese verkiesingsuitslae begin instroom

Die verkiesingskommissie in Nigerië het begin om die uitslae van die onderskeie state een vir een bekend te maak. Al drie die grootste partye kla oor ongerymdhede, terwyl berigte van geweld en intimidasie ook ontvang is. Die omvang van die klagtes is egter minder as in vorige verkiesings. Die uitslag van 14 van Nigerië se 36 state is al bekendgemaak. Bola Tinubu van die regerende APC party is die voorloper. Hy het reeds 44 persent van die geldige stemme op hom verenig. Atiku Abubakar van die hoof-opposisie is ‘n kortkop agter hom, gevolg deur Peter Obi van die Arbeidersparty.