ANC-NUK steun nuwe minister van elektrisiteit

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die nasionale uitvoerende komitee het sy steun uitgespreek vir President Cyril Ramaphosa se ingryping om ‘n toegewyde minister van elektrisiteit aan te stel. Mbalula het die media ingelig oor die uitkomste van die spesiale NUK-vergadering om ‘n reeks nasionale, internasionale en organisasie-aangeleenthede te oorweeg. Hy sê die minister sal die leiding neem en die nodige ingrypings bestuur wat daarop gemik is om beurtkrag te beëindig en kragvoorsiening bestendig te hou.