Derde persoon van MIV genees ná stamsel-oorplanting
ʼn Derde persoon is van MIV genees nadat hy ʼn stamsel-oorplanting ondergaan het wat ook sy leukemie behandel het. Volgens die vaktydskrif Nature Medicine is die 53-jarige man van Düsseldorf in Duitsland in 2008 met MIV gediagnoseer en toe later met akute leukemie. Die vorige twee gevalle was pasiënte in Berlyn en Londen wat ook voorheen genees is na die hoë risiko prosedure. Die studie sê hierdie derde geval van die genesing van MIV-1 verskaf kosbare insig wat hopelik toekomstige genesing-strategieë sal rig.