Ingryping kan ook plaaslik kom vir tersiêre onderwyskoste

Plaaslike reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat die regering aan maatreëls werk om onderwyskoste in tersiêre instellings te reguleer. Die rede daarvoor is omdat talle belowende matriekleerders nie die fooie kan bekostig nie. Dylan Mukoroli van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sê Namibiese owerhede moet dieselfde stappe neem.