Cran skop proses af vir veiling van spektrumbande
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het begin met die proses om veilings van radiofrekwensie-spektrumbande aan te bied. Die veilings is daarop gemik om kommunikasiedienste in al 14 streke aan 80 persent van die land se bevolking te verseker. Luidens ‘n mediaverklaring, sê Cran die proses is vir spektrumbande vir 4G- en 3G-selfoondienste in Namibië. Die owerheid sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid vir spektrumtoewysing, gebaseer op die beginsels van onafhanklike besluitneming en onpartydigheid, en dit is die owerheid se primêre en wetgewende doel om mededinging in die telekommunikasiesektor te bevorder deur doeltreffende spektrumbestuur.