SPYL-aanmerkings oor grond – kenner sê leierskap ontbreek

Professor Joseph Diescho, ‘n Namibiese skrywer en politieke ontleder, het reageer op die nuus dat die sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, Ephraim Nekongo, gedreig het om die jeug te mobiliseer om grond van wit boere te gryp. Nekongo, wat ook ’n parlementslid in die Nasionale Vergadering is, sê wit boere het grond van swart mense gesteel, en sommige verkoop dit nou aan swart mense terug. Diescho het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê leierskap ontbreek in die land met politieke leiers wat net veg vir posisies.