ANC-regering werk aan maatreëls om varsity-koste te reguleer

Die Departement van Hoër Onderwys in Suid-Afrika sê die regering werk aan maatreëls om onderwyskoste in tersiêre instellings te reguleer, omdat baie belowende Suid-Afrikaanse matriekleerders weens hoë lewenskoste nie die fooie kan bekostig nie. Verlede week het die Wits Universiteit se Studenteraad ‘n skoonmaak-veldtog gehou om fondse in te samel vir sukkelende studente. Die adjunkminister, Buti Manamela, sê die regering wil maatreëls instel wat tasbare resultate lewer, sodat die leerders in die middel-inkomstegroep ook toegang verkry tot hoër onderwys-instellings: