BoN onderteken ooreenkoms met Angolese sentrale bank
Die Bank van Namibië en die Banco Nacional de Angola, die buurland se sentrale bank, het ‘n memorandum van ooreenkoms onderteken vir nouer samewerking op veral die tegniese front. Die ooreenkoms bepaal ook betalingstelsels vir handel tussen die twee lande. Naufiku Hamunime, die bank se hoof van internasionale betrekkings en volhoubaarheid het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.