Shifeta: Veldbrande verwoestend

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê die veldbrande in die land is verwoestend, alhoewel minder veldbrande verlede jaar aangemeld is van ‘n totaal van 1 234 in 2021 tot 930 veldbrande in 2022. Daarbenewens het veldbrande 3,1 miljoen hektaar in 2021 vernietig in vergelyking met die 1,5 miljoen hektaar in 2022. Die streke wat die ergste geraak is, was Zambezi, Kavango-Wes, Kavango-Oos, Kunene, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke, Ohanwena, Omusati, Oshana, Karas en Oshikoto. Hy sê die ingrypings wat deur die ministerie ingestel is, sluit onder meer in die implementering van die houtskoolproduksie-riglyne, instandhouding en ontwikkeling van brandlyne en opleiding in basiese brandbestryding.

https://iframe.iono.fm/e/1282013