Aktivis Amushelelo bly agter tralies
Die omstrede aktivis Michael Amushelo bly in aanhouding nadat hy vandag in die Windhoek-landdroshof op verskeie aanklagte verskyn het. Hy sal volgende Woensdag ‘n amptelike borgtog-aansoek bring. Amushelelo is tydens ‘n betoging van skoonmakers van Stad Windhoek in hegtenis geneem. Intussen betreur die stad die onwettige betoging wat chaos veroorsaak het toe asdromme in die middestad om gekeer. Die stad sê die betoging is ten spyte van die voortdurende gesamentlike pogings deur die raad om die skoonmakers se griewe deur hul vakbondverteenwoordigers aan te spreek. Die woordvoerder van die stad, Lydia Amutenya verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het ‘n kontrak van twaalf maande tot 30 Junie.