Vyf apteke skik oor prysvasstelling

Vyf farmaseutiese maatskappye het ‘n skikking bereik met die Namibiese Mededingingskommissie nadat ondersoeke teenmededingende gedrag bevind het. Die ooreenkomste, wat ‘n uiteensetting van die boetes sowel as voldoeningsvereistes vir die betrokke partye verskaf, is tussen November 2022 en Januarie 2023 gesluit. Die kommissie se ondersoek het bevind dat die Farmaseutiese Vereniging van Namibië en byna 180 apteke het die Namibiese Mededingingswet vir prysvasstelling oortree. Volgens die kommissie het hulle ooreengekom om hulle fooi om medisyne te verskaf met 50 persent te verhoog. Daar is tans ook ‘n saak in die hoërhof met die ander maatskappye wat nie geskik het nie.