Seoel verwyder parkeerplekke vir vroue

Suid-Korea se hoofstad, Seoel, verwyder parkeerplekke vir vroue. Dit is 14 jaar nadat dit ingestel is as ‘n beskerming vir vroue. Die parkeerplekke vir slegs vroue is in 2009 ingestel ná ‘n vlaag geweldsmisdade in kelder-parkeerplekke. Stadsamptenare sê sulke spasies is nie meer nodig nie en sal in gesins-parkeerplekke omskep word.