VN maak fondse vir Sirië beskikbaar

Die Verenigde Nasies het die beskikbaarstelling van humanitêre hulp aangekondig vir bystand aan Siriese slagoffers van die twee aardbewings wat die land en die naburige Turkye geruk het. Meer as 41 000 sterftes is in die twee lande aangeteken. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, sê hulle het ‘n beroep vir bystand van 7,1 miljard Namibiese dollar aan ander lande gerig. Die fondse sal 5 miljoen Siriërs bystaan met die verskaffing van gesondheidsorg, skuiling, voedsel en sekuriteit. Guterres sê die VN het tot dusver 901 miljoen Namibiese dollar deur sy sentrale noodreaksiefonds verskaf: