Skotse eerste minister bedank

Skotland se politici is geskok toe hul eerste minister, Nicola Sturgeon, na agt jaar in die pos bedank het. Sy het vandag tydens ‘n perskonferensie haar bedanking aangekondig en beveel dat die Skotse Nasionale Party ‘n opvolger moet kies. Verlede jaar het sy ‘n hofaansoek verloor om ‘n tweede onafhanklikheids-referendum vir Skotland te hou. Sturgeon sê sy sal aanbly in die pos totdat ‘n nuwe partyleier gekies is.