Oliemaatskappye moet teikens daarstel – VN
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê maatskappye wat met fossielbrandstowwe werk moet hernubare teikens teen 2025 en 2030 stel. Hy sê terwyl daar energie-uitdagings is, het die wêreld nie ‘n herlewing in fossiel-gebaseerde brandstof nodig nie.