Rampbestuurspanne in Krugerwildtuin op gereedheidsgrondslag

Rampbestuurspanne in die Nasionale Krugerwildtuin bly op hoë gereedheidsgrondslag omdat swaar neerslae riviere in Mpumalanga laat afkom. Die Krokodilbrug-hek is gesluit omdat water oor die brug vloei, maar alle paaie bly oop. Die woordvoerder van SANParke, Isaac Phaahla, sê hulle hou die situasie fyn dop maar raai besoekers aan om uiters versigtig te wees.