Polisiehonde speel sentrale rol in Wes-Kaapse misdaadbekamping
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die polisie se honde-eenhede speel steeds ‘n belangrike rol langs die provinsiale hoofpaaie en in die kusgemeenskappe. Honde-eenheid-lede het onlangs 53 verdagtes aangekeer vir verskeie oortredings. Dertig van hulle is in die Overberg-streek in hegtenis geneem, en 23 in die Swartland. Allen sê om misdadigers te pla en die lewe vir hulle moeilik te maak is presies wat hy in die provinsie wil sien: