DeSantis kry beheer oor Disney World in Florida

Florida-wetgewers het beheer van die direksie wat toesig hou oor ontwikkeling in en om Walt Disney se Florida-temaparke aan goewerneur Ron DeSantis oorhandig. Die Republikeine het Disney geteiken nadat hy verlede jaar in die openbaar met DeSantis gebots het oor ‘n wet wat klaskameronderrig van geslag en seksuele oriëntasie beperk. Wetgewers in Florida het finale goedkeuring gegee aan ‘n wetsontwerp wat die goewerneur magtig om vyf toesighouers aan te stel om die Reedy Creek Improvement District, ‘n kwasi-regeringsentiteit met toesig oor die 25 000 hektaar rondom die Walt Disney World-oord, te bestuur. Dit was voorheen onafhanklik van die deelstaat se regering.