Efundja: Nood is groot en GRN kon beter maatreëls tref

Reaksie word ontvang op die Risikorampkomitee in die Oshana-streek wat ‘n beroep op alle belanghebbendes en die sakegemeenskap gedoen het om te help met skenkings vir vloedslagoffers in die streek. Die komitee vra vir alles van klere, kos, matrasse en meer. Kosmos 94.1 nuus het met PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe gepraat en hy sê die nood is in werklikheid, baie groot. Hy voeg by die regering moet beter maatreëls tref.