Kunene-gemeenskappe soek meer vergoeding, meer jagkwotas

Gemeenskappe in die Kunene-streek vra dat die vergoedingskema vir mens-dier-konflik hersien word. Hulle meen die betaling is nie voldoende vir die skade wat hulle ly nie. Dit is volgens die parlementêre sub-komitee wat ‘n oorsigbesoek aan die streek voltooi. Nog ‘n kwessie wat tydens die besoek uitgelig is, was renoster- en olifantstropery wat die vermoë van die bewaararea om hul bedrywighede te bestuur en ‘n inkomste te genereer, nadelig beïnvloed. Gemeenskapslede het ook melding gemaak van die langdurige droogte wat die streek raak, wat veroorsaak het dat wild na ander gebiede migreer het met ander wat gevrek het. Die gemeenskappe vra ook om die kwotas vir trofeejag te verhoog.