Hokkie: Albei verloor maar mansspan het nog ‘n kans

Die Namibiese mansspan het sy hokkiewedstryd 4-1 teen België verloor en so ook die vrouespan vanoggend, ook teen België met ‘n finale telling van 2-1. Die spanne is in Pretoria by die Internasionale Hokkiefederasie se Binnenshuise Wêreldbeker. Die mans speel weer môreaand teen Nieu-Seeland met die vrouespan wat more namiddag teen die Tsjeggiese Republiek uitdraf vir wat hul laaste wedstryd sal wees.