Kinders van die vryheidstryd kom weer met eise
Die Namibiese minister van veteraan-aangeleenthede Frans Kapofi, het deur middel van ‘n brief aan ‘n groep kinders van die vryheidstryd gesê alleenlik kinders of afhanklikes onder die ouderdom van 18 kan by sy ministerie registreer vir voordele. Die groep, wat reeds jare lank ‘n doring in die vlees van die regering is en honderde eise al gemaak het, het opgeruk na sy kantoor vir voordele. Hulle wil as veterane geregistreer word. Die eis kom reeds van Desember af. Die groep sê hulle sal nie die perseel verlaat voor hulle nie antwoorde, en werk, kry nie. Die kwessie van voordelige aanstellings onder die kinders het die afgelope paar jaar groot betogings in verskeie dorpe in die land veroorsaak, as gevolg van werkloosheid regoor die land. Oud-ombud, John Walters het ook suksesvol in die hoërhof betoog teen die voordelige aanstelling van lede van die groep.