‘Tik-tannies’ verskyn weer

Antonia Garises, 31, ‘n Namibiese burger, en Tsitsi Muranenhamo, 33, ‘n Zimbabwiese burger sal vandag weer in die Katutura landdroshof verskyn op klagte van die besit van amper 1,4 miljoen Namibiese dollar se metamfetamien. Garises is op 14 April by Hosea Kutako in hegtenis geneem met die 2,74 kilogram dwelms wat in haar bagasie versteek was. Kort daarna is Muranenhamo ook gearresteer. Voorlopige berigte dui aan dat Garises op pad na Brasilië met die dwelms was. Die saak is in April uitgestel tot vandag toe sodat die polisie hulle ondersoek kan voltooi.