Cyril moet landbou en beurtkrag in staatsrede aanspreek 

Agri Wes-Kaap sê hy hoop President Cyril Ramaphosa sal verduidelik hoe die regering die landbousektor gaan ondersteun wanneer hy Donderdag sy staatsrede lewer. Die uitvoerende hoof, Jannie Strydom, sê hulle verwag daar moet aandag gegee word aan die uitdagings rondom beurtkrag. Hy sê ook landbou moet tot ‘n noodsaaklike sektor verklaar word. Strydom sê Agri Wes-Kaap hoop daar is ‘n aksieplan vir ‘n realistiese en werkbare langtermynoplossing: