Ramaphosa moet kabinetslede met visie aanstel
‘n Politieke ontleder in die buurland, Ongama Mtimka, sê President Cyril Ramaphosa moet nuwe politici in sy kabinet insluit wat ‘n visie het vir oplossings vir Suid-Afrikaners. Daar word wyd bespiegel dat Ramaphosa ‘n kabinetskommeling sal aankondig vóór sy staatsrede wat Donderdag plaasvind. Die adjunk-president, David Mabuza, wat in Desember deur Paul Mashatile as die ANC se adjunk-leier vervang is, het Saterdag uit die amp bedank. Volgens berigte word vier nuwe ANC-parlementslede môre ingehuldig, insluitend Mashatile, wat beteken dat hulle as kabinetslede ingesluit sal kan word. Mtimka sê vernuwing is nodig omdat faksionalisme en politici wat met skandale verbind word, niks aan Suid-Afrikaners kan bied nie.