Riruako kry meeste stemme as opperhoof van Ovaherero
Die verkiesing van ‘n opperhoof vir die Ovaherero Tradsionele Owerheid, die OTA, het nadat dit ‘n dooiepunt bereik het, deur geheime stemme plaasgevind. Die senaat het bepaal dat die verkiesing wat sedert Saterdagoggend op Otjimbingwe uitgerek is, deur geheime stemme bepaal word, nadat ‘n ‘n blokstem vir die 29 kiesafdelings waaruit die kommando bestaan, afgekeur is. Dit volg ná ‘n dispuut oor ‘n mosie om die leier van die PDM, McHenry Venaani en Mike Kaveketora van die RDP te elimineer, omdat hulle glo nie OTA-lede is nie. Daar is uiteindelik ooreengekom dat enigiemand wat Ovaherero gebore is, as ‘n lid van die OTA beskou word. Die uitslae is uiteindelik in die guns van die akademikus, dr. Hoze Riruako wat 195 stemme gekry het, Venaani 41 en Kavekotora 33 stemme.