Rugby: Engeland sal passie van Skotland ewenaar
Rugby: Die voorspeler-afrigter van Engeland, Richard Cockerill, sê as dit by passie kom sal hulle glad nie by Skotland afsteek wanneer hulle vandag op Twickenham teen hulle aartsvyande in die Ses-nasies opdraf nie. Die eerste kragmeting tussen die twee gedugte teenstanders het reeds in 1871 plaasgevind. Die volgende hoofstuk in die tweestryd vind boonop op die eerste naweek van die Ses-nasies plaas. Volgens Cockerill sal hulle alles in die stryd werp om Skotland die eerste keer sedert 2020 klop.