Prasa moet loon-ooreenkoms nakom

Die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, is deur die arbeidshof beveel om sy loon-ooreenkoms met die lede van die vervoer-vakbond, Untu, na te kom. Dit volg op ‘n versuim om al die loonverhogings waartoe hy in 2020 ingestem het, te implementeer. Prasa het die hofuitspraak erken en ingestem om aan die uitspraak te voldoen. ‘n Prasa-woordvoerder, Andiswa Makanda, sê sy is vol vertroue dat die onderhandelinge positiewe uitkomste sal hê wat geskik is vir almal wat betrokke is