Pous Franciskus besoek Suid-Soedan

Pous Franciskus sal vandag vanaf die Demokratiese Republiek van die Kongo na Suid-Soedan reis terwyl hy voortgaan met wat die Rooms-Katolieke Kerk ‘n pelgrimstog vir vrede in Afrika noem. Dit is die eerste besoek deur ‘n pous sedert Suid-Soedan onafhanklikheid verkry het in 2011. Die pous sal in die hoofstad, Juba, aangesluit word deur die aartsbiskop van Canterbury en die moderator van die Algemene Vergadering van die Kerk van Skotland. Die pous eerbiedig ‘n belofte om die land te besoek wat hy in 2019 gemaak het toe hy Suid-Soedan se mededingende leiers, president Salva Kiir en vise-president Riek Machar, verwelkom het.