Verkrygingsraad sê oor ‘kondoomtender’

Die Sentrale Verkrygingsraad het deur middel van ‘n advertensie in plaaslike media, die herrie rondom die gesondheidstender aan Amnics Trading, aangespreek. In die eerste instansie sal die bedrag van 650 miljoen Namibiese dollar aansienlik verander omdat die hoeveelhede verkeerd aangehaal is en dat daar 144 kondome per boks is en dus kos een kondoom nie meer as 100 dollar nie. Die raad sê hy het net ‘n mandaat om met omsigtigheid tenders te hersien maar nie om eise te evalueer nie. Daar was ook geen voorkeur toegepas vir die toekenning van die kondoomtender nie en Amnics is gekies omdat hy die goedkoopste was. Die raad sê verder dat Amnics wel in 2012 geregistreer is, maar as a CC en is in September 2021 na ‘n eiendomsbeperk aangepas.