Roots ontwikkel steeds, presteer uiters goed

Die Roots-ontwikkeling in die suide van Namibië wil inwoners van Stampriet ophef. Hierdie landbou-projek is gebaseer op ‘n unieke model wat intensiewe boerdery van vee en permanente gewasse kombineer met ‘n landboukollege vir onderwys in voedselsekerheid, ‘n aftree-oord, ‘n leefstyldorpie en verskeie sakegeleenthede. Van die 60 plotte van 10 hektaar elk wat beskikbaar, is nog net agt vakant. Salomon Kalondo, een van die vennote by ROOTS-ontwikkeling, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die ontwikkeling groei steeds kan krag tot krag.