Tottenham en R1 miljard: Dit teiken nie eers die korrekte mark nie

Die Toerisme Sakeraad van Suid-Afrika sê hy het geen benul gehad van ‘n voorgestelde vennootskap tussen Tottenham Hotspur en SA Toerisme nie. Die raad se uitvoerende hoof, Tshifhiwa Tshivhengwa, sê hulle is nie ingelig of betrokke by die transaksie ten bedrae van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand nie. Hy sê aandag moet op China en Indië geplaas word as die twee teikenmarkte om teen 2030 21 miljoen toeriste te bereik. Tshivhengwa voeg by die voorgestelde ooreenkoms moes ondersoek word en die privaat en openbare toerismesektor moes betrokke gewees het: